ALIWAL WEEKBLAD 07 September 2012 Bladsy 13
Die Aliwal-Noord tak het op Lentedag ‘n baie suksesvolle gholfdag saam met Danie Gerber aandgebied en die geleentheid is met ‘n gesellige dans en dinee afgesluit. Op Sondag, 2 September het ons die aftree oord in Rouxville besoek en die heerlike gekookte kos wat oorgebly het, van die vorige aand aan die inwoners gaan oorhandig.
Op Maandag, 3 September het die tak al die oorblywende appels en gesuiwerde water van die funksie aan Huis van der Horst geskenk. Solidariteit Helpende Hand lewer diens aan ‘n volledige diensketting wat strek van kleuters tot bejaardes. Takke vat graag hande met die bejaardes in aftree oorde om by te staan, aandag te gee en ook met ‘n bederf. Vir enige navrae of betrokkenheid kan Johann Botha, voorsitter van die tak gekontak word by 071 866 6635.

Links agter staan Johann Botha, voorsitter en heel links is Lisha van Jaarsveld, sekretaris van die tak saam met van die inwoners van Rouxville aftree oord.

Voor gekniel sit Lisha van Jaarsveld, sekretaris van die tak saam met van die inwoners van Huis van der Horst.