Die Afrikaanse Beursinstituut het dit vanjaar vir 529 studente moontlik gemaak om hulle tersiêre studies met rentevrye studielenings voort te sit. Hierdie jongmense kan nou weens sulke geleenthede hulle drome verwesenlik. Andrie Kommer het in November 2011 ʼn ‘make-over’ by Cleo tydskrif gewen en dit het haar belangstelling in die skoonheid industrie geprikkel. Helpende Hand het dit vir Andrie moontlik gemaak om ʼn grimeerkursus deur Face to Face te studeer. Hier is ʼn omgeeprojek wat Andrie op 9 Julie 2012 aangepak het nadat sy haar kwalifikasie ontvang het.
Andrie het ʼn omgee dag gereël waar sy vrouens ʼn bietjie gepamperlang het met ‘make-overs’ en geskenkpakkies. Al die dames was baie opgewonde en het vingerhappies geniet terwyl almal lekker saam gekuier het.
Andrie het baie blink idees vir die toekoms en wil volgende jaar haar studies voortsit in onderwys. “Weereens dankie vir die geleentheid wat jul Andrie gegee het om te kon studeer met ‘n lening deur U instansie.” het Andrie se ma gesê.
