Tydens Desember het tien tieners uit die Suid-Kaap die wonderlike geleentheid gehad om ʼn vliegtuigrit mee te maak. Hierdie tieners was afkomstig van Oudtshoorn, Mosselbaai, Plettenbergbaai en George. Doodse stilte het geheers op pad na die George Lughawe en die senuwees het omtrent geknaag, want vir hierdie tieners was dit die eerste keer wat hulle in ʼn vliegtuig kon vlieg. Vir een van die seuns van Plettenbergbaai was hierdie vlug ʼn...
Ons kinders – ons fokus!
Met die nuwe jaar se bekoring en ons voornemens nog vars in die geheue, het die Limpopo Helpende Hand-takke vinnig en voluit weggespring om 2013 ʼn selfs groter jaar met meer suksesverhale as 2012 te maak. Een van ons eerste emosies van die nuwe jaar was arbeidsvreugde in die wete dat 302 graadeens in ons streek die eerste jaar van hul skoolloopbaan kon begin met ʼn vol tassie en ʼn oop gemoed. Daardie besef maak elke stukkie harde werk en...
Die Afrikaanse Beursinstituut
Die Afrikaanse Beursinstituut het dit vanjaar vir ongeveer 700 studente moontlik gemaak om hul naskoolse studies met rentevrye studielenings voort te sit. Hierdie jongmense kan nou danksy sulke geleenthede hul drome verwesenlik. Jossica Minne het in 2012 ʼn lening van R10 000 van die Afrikaanse Beursinstituut ontvang. Sy het weer in 2013 aansoek gedoen en sy ontvang vanjaar ʼn lening van R12 500 om haar te help om haar toekomsdrome te vervul....
Helpende Hand skep Afrikaanse werktuiste – WerkNet – om werkloosheid te bekamp
Solidariteit Helpende Hand het ʼn oplossing vir armoede in die vorm van die internet-platform, WerkNet, op die been gebring as ʼn teenvoeter vir werkloosheid. Helpende Hand maak dit nou vir Afrikaanssprekendes makliker om aanlyn werk te soek. WerkNet, die eerste Afrikaanse werktuiste op die web, word vandag aan die publiek bekendgestel. Dit is ʼn unieke aanlyn portaal (www.werknet.co.za) waar werkgewers en werksoekers mekaar in hul hartetaal kan...
Helpende Hand stel verslag oor die werklikheid van bedelaars bekend
Bedelaars wil graag werk; hulle beskik net nie oor voldoende naskoolse opleiding om goeie, volhoubare werk te kry nie. Solidariteit Helpende Hand het onlangs navorsing gedoen om vas te stel hoe die persepsie oor en werklikheid van bedelaars ooreenstem en verskil. Uit kommentaar van die publiek wat ingewin is, is dit duidelik dat mense meen dat bedelaars nie wil werk nie. “Talle mense het geskryf dat hulle bedelaars werk aangebied het, maar dat...