Professionele psigometriese dienste:
Die professionele beroepsleidingsdiens wil skoolkinders en jongmense voorberei om ʼn ingeligte besluite oor hul toekoms te maak en sodoende God se roeping vir hul lewe te vervul. Jongmense word die geleentheid gebied om hulself te leer ken en beroepe te oorweeg teen die agtergrond van hul persoonlikheid, belangstelling, vermoëns, roeping en waardes. Tersiêre opleiding is peperduur dus maak professionele beroepsvoorligting soveel sin.
Ons toetsingspryse is tot 300% goedkoper as markverwante dienste. Helpende Hand kan die psigometriese toetse in jou tuisdorp kom aanbied, mits daar agt of meer jongmense is wat van die diens gebruik wil maak.
Daar is ʼn verskeidenheid pakkette beskikbaar en elke pakket is saamgestel om individuele behoeftes aan te spreek:
- Holistiese beroepspakket: R660
- Vakkeuse pakket: R400
- Skoolverlater- en jongmens pakket: R550
Stuur ʼn e-pos na annette@helpendehand.co.za vir meer inligting of skakel Annette Taljaard by 012 644 4390 om ʼn afspraak te maak.