STELLALANDER, STANDERTON IBIS, COSMOS GAZETTE, BURGER (Oos Kaap), KRUGERSDORP NEWS, REKORD (East, Faerie Glen en Lynnwood), ROODEPOORT NORTHSIDER, REKORD (Moot,Wes, Noord en Sentraal), EASTERN TIMES (incl Northern Times), SOUTHERN COURIER, ALBERTON RECORD, WITBANK NUUS, LOOK LOCAL, MIDDELBURG OBSERVER , BOKSBURG ADVERTISER, COMARO CHRONICLE, ROODEPOORT RECORD, KLERKSDORP MIDWEEK
Aansoeke om beurse en rentevrye beurslenings by die Afrikaanse Beursinstituut het in Mei geopen. Die Afrikaanse Beursinstituut is in 2003 gestig om finansieële ondersteuning aan Afrikaanse studente te bied.
Sedertdien het die beursplatform tot 65 beurse gegroei. Vanjaar is R7-miljoen se beurslenings aan 529 behoeftige studente toegeken. In totaal is ongeveer 2 500 studente al gehelp. Volgens Dr Danie Brink, die uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, is die Afrikaanse Beursinstituut ‘n manier om die organisasie se beleid van bemagtiging en opheffing deur opleiding verder te voer.
“Ons glo hierdie beleid is die beste manier om armoede uit te roei,” sê hy. “Helpende Hand se omvattende dienswaardeketting bied deurlopende begeleidingsprosesse wat geestelike, kulturele en maatskaplike armoede aanspreek en kleuter, kind, student en jongmens uiteindelik help om vir die wêreld van werk voor te berei.”
Vanjaar fokus Helpende Hand veral op die uitbou van die beursplatform, sodat nog meer voornemende studente ook die geleentheid kan kry om hulle te bekwaam om bydrae tot die ekonomie en hul eie familie te kan lewer. Helpende Hand doen dan ook ‘n beroep op persone wat hulle eie beursfonds wil begin om 012 644 4390 te skakel. Die beurshouers bepaal hulle eie kriteria van watter student(e) gehelp moet word en die fonds word net deur die Afrikaanse Beursinstituut geadministreer.
“Die beurskonsep maak werklik ‘n groot verskil in so baie kinders se lewens,” se Dinah Theron, die hoof van die Afrikaanse Beursinstituut. “Individue wat van ander afhanklik was om ‘n bestaan te voer kan na afloop van hul studies nou onafhanklik funksioneer. “Ongelukkig kon ons, as gevolg van beperkte fondse, nie almal wat aansoek gedoen het help nie, en moes ons duisende kinders wegwys.”
Om deel te word en by te dra tot ‘n beter toekoms, kontak vir Theron by 012 644 4428, of by dinah@helpendehand.co.za. Die aansoeke om beurse is tussen 1 Mei en 31 Oktober, 2012, oop, vir studiehulp in 2013. Besoek www.helpendehand.co.za vir die aansoekvorms, of kontak vir Melani Gerber by 0126444428 of melani@helpendehand.co.za.