0861 25 24 23 [email protected]
Net ‘n Stukkie

Net ‘n stukkie

Ek is nie 'n voorstander van geld gee vir 'n bedelaar nie. Ek het eenmaal as kind gesien hoe 'n man geld in my ma se gesig teruggooi omdat dit…

Lees meer
Die Groot “M-woord” En Al Sy Dinge

Die groot “M-woord” en al sy dinge

Noudat ek ’n jong werkende is, besef ek eers regtig hoe duur hierdie vroulike produkte is wat ek tog so gereeld net in my ma se inkopietrollie gelaai het. Ek dink daar is baie vroue soos ek wat dink: watter mors van my geld – ’n uitgawe wat ek vir die volgende 30-40 jaar gaan moet dra.
Lees meer
Om Van Jou Goed Of Jou Geld Te Gee, Kan Giftig Wees

Om van jou goed of jou geld te gee, kan giftig wees

Wanneer ons iets vir iemand gee of doen hoewel hulle in staat is om dit vir hulself te doen. Ons doen dit gewoonlik vir jong mans wat by ’n verkeerslig staan en bedel. Hierdie jong manne is gewoonlik heeltemal daartoe in staat om “in die sweet van hulle aangesig hulle brood te verdien”, maar ons gee vir hulle geld of goed en maak asof hulle nie daartoe in staat is nie.
Lees meer
Die Toekoms Van Werk (’n Kykie Vir Vandag Se Jongmense)

Die toekoms van werk (’n kykie vir vandag se jongmense)

Jongmense leef in ’n baie opwindende tyd in hierdie wêreld. Alhoewel uitdagings soos die wêreldwye trae ekonomiese groeikoers, armoede en ander uitdagings baie groot is, is die geleenthede van vandag ewe groot. Die geleenthede wat oor jongmense se pad gaan kom, maak ’n volwassene amper jaloers, maar maak ’n mens soms ook dankbaar dat jy in ’n eenvoudiger wêreld grootgeword en gestudeer het.
Lees meer
As Jy Nooit Verwag Het Om Te Verwag Ná Al Die Gewag Nie!

As jy nooit verwag het om te verwag ná al die gewag nie!

Ná vier jaar se pille, hormone, inspuitings, ongemaklike sonars, baie trane, hormoonbuie en duisende rande se skuld het ek genoeg gehad. Nadat ons enigste twee embriotjies met In-Vitro-behandeling nie oorleef het nie en ek ernstige komplikasies ná die prosedure ontwikkel het, moes ons tot die moeilike aanvaarding kom dat ons ons waarskynlik nooit ons eie kindjie sou kon baar nie. Ons het al die behandeling, inspuitings en pille gelos en gewag om berusting te kry. Ek het alles weggegooi. Al wat ons gehou is die foto’tjie van die twee embriotjies wat ek verloor het.
Lees meer
Kommentaar Op Jaco Strydom Se Artikel

Kommentaar op Jaco Strydom se artikel

Kommentaar op Jaco Strydom se artikel “Om jammer te voel, is net nie genoeg nie” Moet ons gee...? Definitief, maar met goeie oordeel en oordenking! As jy nie weet wat ’n bedelaar met jou geld doen nie – is dit onverantwoordelik.
Lees meer
My Dag As Bedelaar

My dag as bedelaar

Toe Isabel my vra of ek ’n boemelaar sal wees op Maandag 31 Augustus, het ek dadelik ja gesê, want ek hou van ’n uitdaging. Die oggend van 31 Augustus…

Lees meer
Witbank-afleggings: Dit Raak ’n Hartsnaar

Witbank-afleggings: Dit raak ’n hartsnaar

Dit is ons tweede besoek aan Witbank waar gesinne gebuk gaan onder finansiële druk na aanleiding van die verwikkelinge by een van die grootste staalvervaardigers, Highveld Steel. Werkers word nie meer toegelaat om oortyd te werk nie en sommiges se inkomste het met tot R15 000 per maand gedaal.
Lees meer
Kuberbedel: Moenie ’n Slagoffer Wees Nie!

Kuberbedel: Moenie ’n slagoffer wees nie!

Hul stories is alombekend: “Ons kort net bietjie geld vir petrol” of “Ek kort net R5 vir verblyf vanaand”. Soms kom hulle met iets meer drasties vorendag soos: “My kind is siek en ek kort geld vir medisyne.” Wat die storie ook al is, of dit die waarheid is of nie, dit bly ’n groot risiko om iemand wie se agtergrond jy nie ken nie, te ondersteun. Wat dit so hartseer maak, is dat mense wat net die beste voornemens het, gemanipuleer, uitgebuit en misbruik word. Bedel kom al van Bybelse tye af, maar met die ontwikkeling van tegnologie en verskillende mediaplatforms, het ’n hele nuwe wêreld van bedel geopen. Deesdae het byna elke persoon toegang tot ’n selfoon of rekenaar en is kuberbedel iets wat maklik op ’n oneerlike en manipulerende manier aangewend kan word om goedhartige donateurs uit te buit.
Lees meer
Almal Kan Help Om Armoede Te Beveg!

Almal kan help om armoede te beveg!

Ek kan nie onthou dat ek as kind ooit bewus was van indrukwekkende nie-winsgewende organisasies (NWO’s) wat vanuit groot Gauteng-hoofkantore in my gemeenskap ’n verskil gemaak het nie. Dit is nie dat daar nie armoede in die Vrystaatse dorp was waar ek grootgeword het nie – ons het dit net sommer self daar in ons gemeenskap getakel.
Lees meer
Vyf Idees Vir Lekker Lees Met Die Kleinspan

Vyf idees vir lekker lees met die kleinspan

’n Onnie het eens vir ’n klasmaat van my gesê: “Jy kan nie rekeningkunde doen nie, want jy kan nie lees nie!” So aaklig soos wat dit ook al mag klink, steek daar tog waarheid in sy naarheid. Hoewel sommige mense sou reken dat jy nie leesvaardighede nodig het om syfervakke soos wiskunde, rekeningkunde of ekonomie baas te raak nie, kan niks verder van die waarheid wees nie.
Lees meer
Beplan Vir Jou Oudag

Beplan vir jou oudag

Niemand hou daarvan om maandeliks versekering en pensioenbydraes af te staan nie. Dit is een van daardie “moet-maar-wil-nie”-betalings. Vir jongmense in hulle twintigs wat pas begin werk het, is spaargeld vir jou oudag die laaste ding waaraan jy wil dink. Tog is die erns van die saak meer prominent as ooit tevore. In vandag se tyd kan jy verwag om tot 16 jaar na aftrede te leef. Indien jy nie vir jou oudag voorsiening maak nie, sal jy moontlik op ʼn staatspensioen moet oorleef. In Suid-Afrika ontvang ʼn staatspensioenaris tans R1 410 per maand (indien die persoon aan die minimum kriteria voldoen).
Lees meer
Die Lesse Wat Ek As Projekkoördineerder Uit Die Rustenburg-ramp Geleer Het

Die lesse wat ek as projekkoördineerder uit die Rustenburg-ramp geleer het

In die lig van die tipe werk wat ons doen, gebeur daar soms dinge wat veroorsaak dat almal by Helpende Hand alle take en bedrywighede net so moet laat staan en saamstaan om ʼn “ramp” aan te pak en ʼn dringende probleem te takel. Daar word nie veel gesê of veel gedelegeer nie; dis asof daar net ʼn stille verstaan is dat daar ʼn probleem is en dat dit net op een manier opgelos gaan word en dit is dat ons as Helpende Hand-span saamstaan en elkeen doen wat gedoen moet word.
Lees meer
Die Grootste Verrassing Wat Jy As Pleegouer Kan Verwag

Die grootste verrassing wat jy as pleegouer kan verwag

Ons is nou maar vir slegs sowat tien maande pleegouers. Daar is gesoute pleegouers wat jou waarskynlik baie meer sal kan vertel van pleegsorg, maar ek deel graag ons storie.Om 13:00 op Vrydag 23 Mei 2014 het ons ons eerste afspraak met die maatskaplike werker gehad. Ons het daaraan gedink om vir pleegsorg te registreer en het haar gekontak, maar eintlik was ons oningelig.
Lees meer
Die Regte En Verantwoordelikhede Van ’n Pleegouer

Die regte en verantwoordelikhede van ’n pleegouer

“Pleegouers kry verseker ’n spesiale plek in die hemel,” het een persoon gesê. Ander het getuig van die groot vreugde wat dit bring om ʼn pleegouer te wees. “[Ek] is al die afgelope agtien jaar ʼn pleegouer en pluk net elke dag die vrugte daarvan. So trots op my pleegkind. Stel jouself beskikbaar!”
Lees meer
  • 1
  • 2
Kry ons nuus eerste!
Teken in op ons nuusbrief om al die nuutste ontwikkelinge van Solidaritet Helpende Hand te kry!
Teken in
Sien uit om jou te ontmoet!