DALLER, DIE 15 Jun 2012 Bladsy 4

Die tak in Groblersdal het die keuse gemaak om by van die kleuterskole in die Vallei verskillende projekte aan te pak: by sommiges net oorhandigings en by ander gaan hulle bietjie werk. Die tak se eerste projek het Dinsdag 19 Junie begin. “Ons het elke dag daarna ‘n projek of twee wat ons aanpak.

Die groot projek wat aangepak word, is op 22 Junie, waar ons Kleuterskool Huppel Truppel in Marble Hall se klimrame gaan verf.” Die span van Helpende Hand Groblersdal daag die gemeenskap ook uit om ‘n verskil te maak. Deelname kan op verskillende maniere plaasvind, byvoorbeeld deur borgskappe. Vir enige navrae, bel Lynette Meyer by 071 402 8610.