SABC2 27 September 2012 Agri TV
Danie gesels oor Solidariteit Helpende Hand se oorsprong, werksaamhede, waar fondse vandaan kom en waarom Afrikaans sprekendes Helpende Hand se fokus is. Helpende Hand glo dat opheffing deur opleiding moet geskied om die armoede siklus te kan verbreek. Hy verduidelik verder dat armoede nie diskrimineer op vlakke van kleur, kultuur of geloof nie en dat dit ʼn baie komplekse onderwerk is. Vir hierdie rede werk Helpende Hand saam met ander gemeenskap organisasies om die armoedesiklus te verbreek.
Volg hierdie skakel om die opname te sien: http://youtu.be/CsjxI5hNEKw