ECHO, DE AAR 31 Augustus 2012 Bladsy 3
DE AAR — Op 22 Augustus het die Solidariteit Helpende Hand De Aar-tak vergadering gehou. Die besluit is geneem dat die De Aar-tak die Sonder Sorge Ouetehuis onder hulle vlerk gaan neem en dat hulle gaan kyk waar hulle behulpsaam kan wees met verbeterings aan die Ouetehuis. Solidariteit Helpende Hand het sedert 2008 gegroei van vyf takke na meer as 110 takke landswyd in 2012.