SOLIDARITEIT 01 Feb 2012 Bladsy 54

Deur Karin Venter en Manta Enslin
Solidariteit Helpende Hand versoek alle werkplekke landwyd om op 25 Mei hulle deure oop te maak sodat kinders daar besoek kan aflê en meer kan leer oor ‘n spesifieke beroep sodat hulle beter voorbereid vir die werklewe kan wees.

Die inisiatief vorm deel van Solidariteit Helpende Hand se Neem ‘n kind saam werk toe-veldtog. “Helpende Hand volg ‘n beleid van opheffing deur opleiding as ‘n langtermynoplossing vir die armoedeprobleem,” sê dr Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand.

“Ons omvattende Beroepsleidingsdiens lei jongmense om die regte vakkeuses te maak om goeie beroepe te hê en finansieel onafhanklik te kan funksioneer. Met die Neem ‘n kind saam werk toe-veldtog kan kinders eerstehands ervaar hoe hulle toekoms eendag kan lyk.”

Die Beroepsleidingsdiens fokus onder meer op skaduwerk as ‘n metode am vir ‘n toekomstige loopbaan voor te berei. Met die Neem ‘n kind saam werk toe-veldtog word skaduwerk ook ingespan. Dit is die beste manier am te sien hoe ‘n tipiese werkdag in ‘n beroep verloop en am intelligente vrae oor die beroep te kan vra.

Na afloop van die skaduwerk kan die werkvereistes met die kind se aanleg, persoonlikheid en belangstellings vergelyk word. Helpende Hand bied ‘n professionele psigometriese diens aan wat hierdie aanlegte vasstel. Die Afrikaanse loopbaanblad www.loopbaan.co.za bied verder ‘n alles-in-een-inligtingsportaal oor beroepe en skaars en kritieke vaardighede.

Belangstellende ondernemings kan hulle as toekomsgerig en kindervriendelik op hierdie webtuiste lys deur hulle besonderhede na loopbaan@helpendehand.co.za te stuur sodat  die onderneming ander “Skaduwerk” by www.loopbaan.co.za gelys kan word.

Hoërskoolleerlinge kan dan op 25 Mei die ondernemings besoek wat op die netwerk gelys is. Solidariteit Helpende Hand het vanjaar ook die Borg ‘n kind-projek bekendgestel en dis reeds volstoom by ongeveer 120 Helpende Hand-takke landwyd aan die gang. Sommige takke het in die verlede soortgelyke projekte aangepak, maar daar is besluit am die idee vanjaar as ‘n amptelike projek met spesifieke kriteria by alle takke van stapel te stuur.

Die doel van die projek is am kleuters en kinders wat die potensiaal het om te matrikuleer of ‘n naskoolse kwalifikasie te verwerf, die geleentheid te bied am hulle voile potensiaal te bereik wat hulle vanweë hul swak maatskaplike omstandighede nie andersins sou kon doen nie.

Deur die projek kan Solidariteit Helpende Hand-takke help toesien dat kleuters die graad R-klas bywoon. Die takke fokus ook daarop am ondersteuning te bied sodat leerders nie as gevolg van swak huislike omstandighede skool verlaat voordat hulle graad 12 geslaag het nie.

Helpende Hand se waardeketting begin by ‘n voorskoolse diens en strek deur die hele skoolloopbaan tot ná skool. Die beoogde uiteinde van die projek is dat beurse beskikbaar gestel word aan leerders wat die potensiaal het en wil studeer.