Die Afrikaanse Beursinstituut het dit vanjaar vir 529 studente moontlik gemaak om hulle tersiêre studies met rentevrye studielenings voort te sit. Hierdie jongmense kan nou weens sulke geleenthede hulle drome verwesenlik. Elske Strauss was een van hierdie studente. Hier is ʼn brief wat sy geskryf het:
Liewe Rapport Onderwysfonds
Met die jaar wat vinnig tot ‘n einde kom wil ek net baie dankie sê vir die laaste twee jaar se finansiële ondersteuning. Sonder julle bydra so dit nie vir my moontlik gewees het om my studies aan die Universiteit van Pretoria te voltooi nie.
Julle finansiële hulp het my die geleentheid gegee om net op my studies te konsentreer. Ek is hierdie jaar gekies as een van die Golden Key Honours society van die Universiteit van Pretoria. Dit dui daarop dat my akademiese punte in die Universiteit se top 15% is. Ek wil net weer baie dankie sê vir die geleentheid wat hulle my gegee het. Sonder julle so dit nie moontlik gewees het nie.
Baie dankie en waardering
Elske Strauss
(Onderwys student)