laaicvadverteer

Hoe om ‘n werk te kry.

Hetsy jy opsoek is na jou heel eerste werk, van beroep wil verander of terugkeer na die werksmark na ‘n lang afwesigheid; behels die taak van werksoek twee hoof komponente: Om jouself te verstaan en om die werksmark te verstaan. Indien  jy reeds op ‘n beroep besluit het en huidiglik opsoek is na werk, volg hier raad oor hoe om ‘n werk te kry.

 

Stappe:

  • Hersien jou CV (Curriculum Vitae)

Voordat jy met werksoek begin, maak seker dat jou CV volledig en op datum is. Hier volg ‘n paar wenke:

  • Wees eerlik: Moet nooit jok op jou CV nie, selfs al sal dit jou help om die werk te kry. Dit sal wel later by jou kom spook.
  • Gebruik aktiewe werkwoorde: Wanneer jy beskryf wat jy by jou vorige werk gedoen het, maak die sin so kort en aktief as moontlik. Beskryf dus wat jy gedoen het en nie net wat jou verantwoordelikhede was nie.
  • Proeflees: Lees ‘n paar keer deur jou CV en kyk uit vir taalfoute en spelfoute. Wanneer moontlik, laat een of twee ander mense dit ook vir jou proeflees.
  • Hou die format eenvoudig: Hoe jou CV lyk is amper net so belangrik soos wat daarin staan. Gebruik eenvoudige, klassieke skrif, soos( “Times New Roman”, “Arial” of “Helvetica”). Gebruik ook swart op wit papier en brëe kantlyne. Gebruik vetskrif en skuinsskrif spaarsamig. Maak ook seker jou naam en kontakbesonderhede is duidelik op die CV.

 

  • Netwerk
  • Die beste maatskappye om voor te werk maak grootliks (min of meer 40% van die tyd) staat op werknemer verwysings. Maak ‘n lys van al jou kennisse, vriende en familie. Kontak dan almal en vind uit of hulle van ‘n beskikbare pos weet waarna hulle jou kan verwys. Moenie te nederig of verskonend wees nie. Maak seker hulle verstaan waarna jy opsoek is, maar ook dat jy buigbaar is en na hulle voorstelle sal luister. Dit sal nie help om te kieskeurig te wees nie, ‘n kennis kan vir jou ‘n voet in die deur kry, waarna jy later jou pos kan verander wanneer jy die nodige ervaring en reputasie gekry het.
  • Hou kontak met jou verwysings:

Volg op met al jou verwysings. Dit het ‘n tweevoudige doel. Jy kan hulle vra of hulle al weet van enige moontlike werk en jy sal ook hulle geheue verfris sodat hulle nie van jou vergeet nie. Wanneer hulle dan met ‘n moontlike werkgewer in kontak is, sal hulle nie huiwer om jou aan te beveel nie.

Hou in gedagte dat “flou” persoonlike kennisse die beste manier is om van nuwe werk te hoor en om jou netwerk verder as waarvan jy reeds bewus is uit te brei. Jy sal byvoorbeeld reeds baie weet van ‘n maatskappy waarvoor jou suster werk, maar wat van haar vriende?  Moenie vergeet om “vriende van vriende” ook vir verwysings te vra nie.

 

  • Vrywillige werk:

Indien jy nie reeds vrywillige werk doen nie, begin daarmee by ‘n organisasie wat betrokke is by iets waaroor jy passievol is. As jy lank genoeg aanbly en jou toegewyding wys, sal jy groter verantwoordelikhede kry. Nie net sal jy ander mense help nie, maar jy sal ook jou verwysingsraamwerk opbou. Jy moet dan ook jou vrywillige werk beklemtoon op jou CV, aangesien werkgewers geneig is om kandidate te bevoordeel wat by gemeenskapswerk betrokke is.

 

  • Ontwikkel jou persoonlikheids beskrywing:

Baie gestruktureerde onderhoude, veral by groter maatskappye, begin gewoonlik met die vraag: “Vertel my ‘n bietjie van jouself”. Dit beteken nie dat die onderhoudvoerder jou hele geskiedenis wil hoor nie. Hierdie vraag word gevra sodat jy geleentheid het om te ontspan en sodat die onderhoudvoerder jou basiese agtergrond en prestasies, asook jou doelwitte vir die toekoms verstaan.

 

  • Berei jou gedrags onderhoud voor:

Jy sal heel moontlik gevra word hoe jy in die verlede probleme in die werkplek opgelos word. ‘n Hipotetiese situasie kan ook vir jou gegee word, waarop jy dan sal moet beskryf hoe jy dit sal oplos. Hulle wil uitvind hoe jy sal reageer op algemene hindernisse in die posisie waarvoor jy aansoek doen. Wees gereed om eerlike, gedetaileerde antwoorde te gee, selfs al is dit op ‘n hipotetiese situasie. Probeer om die hipotetiese situasie met ‘n werklike probleemoplossing in jou lewe te vergelyk. Jy mag dalk vind dat jy besig is om feite te lys, onthou dat jy in hierdie tipe onderhoud eerder ‘n storie moet vertel as om slegs die feite te noem.

Tipiese vrae wat moontlik gevra sal word is die volgende:

  • Beskryf ‘n situasie waar jy met iemand moes saamwerk, waarvan jy nie gehou het nie.
  • Vertel my van ‘n situasie waar jy by ‘n besluit wat jy gemaak het moes hou, selfs al het dit jou ongewild gemaak.
  • Gee vir ons ‘n voorbeeld van iets innoverends wat jy gedoen het wat ‘n verskil in jou werkplek gemaak het.
  • Hoe sal jy ‘n situasie hanteer waar ‘n werknemer voortdurend laatkom vir werk?

 

  • Navorsing oor die maatskappy

Moenie slegs die maatskappy op die internet opsoek, hulle missie memoriseer en daar stop nie. Indien dit ‘n kleinhandel maatskappy is, besoek van hulle winkels, bestudeer die kliënte en knoop selfs ‘n paar gesprekke aan. Praat ook met huidige werknemers, vind uit wat hulle ervaring by die betrokke werkgewer is en hoe lank die posisie waarvoor jy aansoek doen al oop is. Vind ook uit wat jy kan doen om jou kanse te verbeter. Maak seker jy is op hoogte van die maatskappy se geskiendenis. Wie en wanneer het dit begin? Wie is nou in beheer? Gee jouself ‘n voorsprong bo die ander kandidate .

 

  • Vestig jouself in een plek.

Indien jy al gereeld rondgetrek het, wees voorbereid om ‘n goeie rede daarvoor te verskaf. Andersins moet jy ‘n goeie saak maak vir waarom jy wil aanbly in die area waar die werk gelëe is.’n Maatskappy wil nie iemand aanstel wat nog wil rondtrek en elders vestig nie. Wees voorbereid om te verduidelik waarom jy in die huidige area bly, hoe lank jy beplan om daar te bly en waarom. Gee spesifieke redes soos:  “Hier is uitstekende skole waarheen my kinders kan gaan.” Of: “Ek was aangetrokke tot die area, aangesien die spesifieke besigheid daar funksioneer”. Hoe meer spesifiek jou antwoord, hoe beter.

 

  • Maak ‘n lys van werk-verwante vaardighede wat jy graag wil aanleer.

Jou werkgewer sal wil weet hoe jy beplan om ‘n beter werknemer te wees. Dink aan talente wat jou meer kompeterend sal maak vir die spesifieke posisie wat jy wil beklee. Die bevoegdheid om voor mense te praat, projekbestuur, spanleiding en kennis van rekenaar programme is gewoonlik voordelig. Kyk uit vir boeke en konferensies wat jou sal help om jou vaardighede te verbeter. Vertel in die onderhoud vir die werkgewer wat jy lees en leer en dat jy beplan om voort te gaan daarmee.

 

Hier volg ‘n lys van die 7 belangrikste vaardighede wat deur werkgewers vereis word en wat jou sal help om die werk te kry, en te behou. Neem kennis van hierdie vaardighede wat demonstreer hoe om suksesvol te wees met jou werksoektog.

 

  • Die bevoegdheid om relevante inligting te vind. Werksoekers moet sistematies inligting kan navors met die doel om effektiewe data te bekom vir ‘n bepaalde aktiwiteit.
  • Logiese denke en hantering van informasie: Dit is vir meeste besighede baie belangrik dat sy werknemers die bevoegdheid het om inligting te kan verwerk en daardeur probleme op te los.
  • Vaardighede in tegnologie: Die meerderheid van posisies wat beskikbaar is, vereis werknemers wat rekenaar geletterd is, aangesien die werknemers met rekenaars en ander kantoor toerusting sal moet werk. Dit beteken nie dat almal ‘n uitgebreide agtergrond oor tegnologie hoef te he nie, maar ‘n basiese kennis van huidige tegnologie is wel nodig.
  • Effektiewe kommunikasie: Werkgewers is opsoek na kandidate wat effektief en duidelik deur middel van geskrewe en verbale kommunikasie, hulle gedagtes en idees kan deel. Goeie kommunikasie vaardighede sal jou ‘n voorsprong gee bo ander applikante.
  • Organiserings vaardighede: Organisering is baie belangrik in die werkplek en ongeorganiseerdheid kan ‘n maatskappy baie geld kos. Daarom verwag werkgewers van hulle werknemers om orde in die werkplek te kan handhaaf.
  • Sterk interpersoonlike vaardighede: Aangesien daar in werksomstandighede verwag word van werknemers om met verskillende tipes mense te kan saamwerk, is dit noodsaaklik om die vaardigheid te he om oor die weg te kom met verskillende persoonlikhede.
  • Potensiaal vir verdere professionele ontwikkeling: Werkgewers stel graag kandidate aan wat ‘n sterk plan het om in die toekoms maksimum persoonlike en beroepsvordering te maak. Dit beteken dat jy in staat moet wees om jouself professioneel te verbeter deur voortdurend nuwe vaardighede aan te leer.

 

  • Opvolg:

Vind uit van ‘n spesifieke persoon wat jou kan help (gewoonlik die menslike hulpbron bestuurder by die maatskappy waarin jy belangstel). Bel daardie persoon en vind uit of die maatskappy op soek is na nuwe werknemers, maar moenie afgesit word as hulle nie huidiglik op soek is nie. Vind uit na watter tipe kwalifikasies hulle opsoek is in hulle werknemers. Vra of jy jou CV kan stuur en dui aan of jy bereid is om in ‘n laer pos te begin en jouself op te werk na jou ideale pos.

Hersien ná elke oproep wat jy bereik het en waar jy meer kon doen. Oorweeg om ‘n paar standaard antwoorde neer te skryf, wat jou sal help om meer vlot te praat in die volgende oproep. Dit sal dalk nodig wees om verdere kwalifikasies te bekom voordat jy jou ideale werk kan doen. Dit beteken nie dat jy nie ‘n goeie werk sal kan kry nie, maar dat jy dalk net meer voorbereid moet word voordat jy daardie werk kry.

 

  • Verander jou houding:

Daar is ‘n verskil om werk te soek en om maatrskappye te nader met die ingesteldheid dat jy daar is om die werk te verrig wat hulle nodig het. Wanneer jy slegs werk soek, verwag jy dat iemand vir jou werk moet gee, en daarom fokus jy slegs daarop om hulle te beindruk. Dis belangrik om ‘n goeie indruk te maak, maar selfs meer belangrik om te demonstreer dat jy die regte vaardighede en begeerte  het om die werk te kan doen. Alles wat jy vir die werkgewer sê of skryf moet die indirek sê: “Dit is hoe ek die maatskappy kan help om sy doelwitte te bereik”.

 

  • Pas die werk by jou vaardighede, eerder as anders om:

Baie mense soek werk en probeer dan om hulle vaardighede te verdraai sodat dit by die bepaalde vaardighede wat deur die werk vereis word, sal inpas. Probeer dit anders doen. Maak ‘n lys van jou vaardighede en kwalifikasies. Vind dan uit watter besigheids sektor vereis daardie vaardighede, en watter maatskappye applikante benodig.  Dit is belangrik om ‘n werk te vind wat by jou persoonlike- en salarisvereistes pas, anders sal jy nie gelukkig in jou nuwe pos wees nie.