Solidariteit Helpende Hand het op Dinsdag, 3 April, ‘n gesellige kolwyntjies- en tee-oggend by Sarah’s (die kasteel) op BelaBela aangebied vir alle 50-plussers. Amelia Morgenrood (RSG Pretoria) het die 50-plussers raad gegee oor die bestuur van finansies en het ook die aandelemark in diepte bespreek.