Die Helpende Hand-tak in Centurion en ATKV Centurion het ‘n baie suksesvolle Omgeeprogram by die Gereformeerde Kerk Centurion aangebied. Die gespreksleier, ‘n sanger en twee musikante van die ATKV het Sondagaand 21 Oktober ‘n interessante program na die Aanddiens aangebied.
Twee van ATKV Centurion se musikante, Johann en Marie Laurens het voor die diens begin het, gepaste christenmusiek met die kitaar en mandolien gemaak. Marlene Bezuidenhout, een van die ATKV Centurionsangers, het die program afgesluit met ‘n gevoelvolle vertolking van “Halleluja”.
Dr. Anke Brand het die gehoor met haar praatjie oor verskillende vorme van verslawing geboei. Sy het onder andere ook gewys op die negatiewe invloed van die geweldadigste internetspeletjies in die wêreld wat op psigiese rolspel en vereenselwiging met die karakters in die speletjie fokus.
Dr. Brand het vroeër vanjaar ‘n Doktorsgraad in Teologie Cum Laude aan die St. Leipzig Universiteit in Switserland verwerf. Sy het in haar navorsing op verskillende tipes verslawing, berading, terapie en genesing daarvan gefokus. Sy het sterk klem gelê op voorbidding vir en ondersteuning van die verslaafde.
Takke van Solidariteit, Helpende Hand en Afriforum word uitgenooi om ook in hul omgewing geleentheid vir werknemers, ouers en hul kinders te skep om na hierdie uiters belangrike tema te luister. Kontak vir Anton Smith.
Navrae: Anton Smith 082 856 3704 anton@egather.co.za Voorsitter Helpende Hand Centurion