Die Vrouemonument in Bloemfontein probeer hard fondse insamel vir restourasie asook vir die eeufeesviering in 2013. Op Saterdag, 13 Oktober 2012 is daar ʼn geleentheid gebied vir uitstallers wat saam deel uit gemaak het van die fondsinsamelings aksie by die Vrouemonument. Radio Rosestad het ʼn buite uitsending gehad en plaaslike kunstenaars het die besoekers vermaak. Die Volkspele het ʼn groot saamtrek gehou.
Die Solidariteit beweging het gratis stalletjies gekry omdat die beweging by die fondsinsamelings betrokke is. Helpende Hand het ook ʼn stalletjie gehad. Elkeen kon ʼn steentjie koop van R100 waarop die naam van die persoon of instansie verskyn wat later teen ʼn muur geplaas gaan word en Helpende Hand Bloemfontein het ʼn steentjie gekoop om die Vrouemonument te ondersteun.
