Die Solidariteit Helpende Hand tak in Vanderbijlpark het Vrydag die 22ste Junie die Emfuleni MediClinic hospitaal besoek as deel van hul 110 Doen Goed-projek. Hulle het aan al die personeel en pasiënte ʼn roos met ʼn kaartjie en ʼn sjokolade uitgedeel. Hul het ook die personeel bedank vir hul harde werk en die pasiënte beterskap toegewens. Die kinders het elkeen ʼn beertjie en sjokolade ontvang en hulle het ook van die kinders se gesiggies geverf.