VOLKSBLAD, Bylae A 13 Apr 2012 Bladsy 3
Die jong Suné Zaaiman (12) van Kimberley ontvang ‘n spesiale toekenning as Jong Noord-Kapenaar van die Jaar vir 2012.Op slegs 10-jarige ouderdom het Suné Zaaiman (nou 12), ‘n baie gelowige leerling van die Laerskool Eureka, besluit om fisiek betrokke te raak om die nood in die land te help verlig.
Sy het met motiveringstoesprake begin, asook die Mr & Miss Diamond Splash-modelkompetisie waardeur sy geld insamel vir Helpende Hand. Suné het besluit om fisiek betrokke te raak om die nood in die land te help verlig met die Zaaiman-beursfonds vir minder bevoorregte Afrikaanse studente in die streek.
Vyf jong mense word reeds gehelp. Suné het verlede jaar etlike duisende rande vir Kansa ingesamel. By haar skool dien sy in die komitee van die Cayleigh Campaign wat geld insamel vir gestremde kinders.
Einde 2011 is die “Suné Zaaiman-wisseltrofee vir gemeenskapsdiens” aan die Laerskool Eureka oorhandig wat jaarliks toegeken word vir uitnemende diens aan die gemeenskap.
Sy het in Januarie ‘n ere-toekenning van die Universiteit van die Vrystaat ontvang. Tans is sy met ‘n projek besig om ‘n dorpie vir weeskinders in Kimberley te stig.