Ficksburg het ‘n suksesvolle gholfdag gehad en Joost van der Westhuizen was daar. Die winste van die dag word aangewend vir die volgende: om die aftree oord te beveilig, Ficksburg se Beursfonds, gedeeltelike hulp aan Georgia Dannhauser wat November vir ‘n “haas lippie” operasie gaan, voorskool fondse vir kleuters asook Joost se J9-stigting en klein AJ.
Die eerste foto sit Joost saam met ʼn seuntjie, AJ uit die gemeenskap wat nou kanker het. Hy het die hele tyd saam met Joost op die verhoog gesit en Joost het R 5 000 aan die kind geskenk vir mediese uitgawes.
Die volgende foto is van die Ficksburg-tak saam met dr Danie Brink en Joost van der Westhuizen.
