Rekening naam: Solidariteit Helpende Hand Bank: ENB (EERSTE NASIONALE BANK) Takkode: 250 655 – Centurion Rekening nr: 62 331 445 503 Indien u ʼn donasie vir een van ons Nasionale Projekte wil maak, onthou asb die verwysing “Skooltassie” of “Kosblikkie” tesame met u naam indien u dit sou verkies Indien u ʼn donasie vir een van ons Nasionale Projekte wil maak, onthou asb die verwysing “Skooltassie” of “Kosblikkie” tesame met u naam indien u dit sou verkies ʼn Artikel 18A-sertifikaat kan aan maatskappye en individue wat geldelike bydraes maak uitgereik word sodat hulle ʼn belastingeis kan indien. Skenkers moet ʼn bewys van inbetaling of ʼn faktuur verskaf sodat die sertifikaat uitgereik kan word. Navrae in verband met 18A-belastingsertifikate kan aan barbera@helpendehand.co.za gerig word. Helpende Hand verwelkom enige maandelikse donasies ten bedrae van R30 of meer (bankkoste speel ongelukkig klaar met kleiner skenkings). Eenmalige skenkings is ook baie welkom. Skenkings van lewensmiddele soos kos, klere, meubels en ander huishoudelike items word met groot waardering deur die skenkings- en verspreidingsafdeling ontvang om na kleuterskole, ouetehuise, informele nedersettings en skuilings te versprei. Skenkings word slegs aan projekte gegee waarvoor staatsubsidiëring nie geredelik beskikbaar is nie. U kan gerus ‘n skenking maak aan ons skenkingskantoor Daar is altyd ʼn behoefte aan kos en toiletware: In die Pretoria-omgewing kan skenkers items na Helpende Hand se nasionale kantoor by Solidariteit-park, h.v. DF Malanrylaan en Eendracthstraat, Kloofsig bring. Die kantoorure is Maandag tot Donderdag, 08:00 tot 16:30, en Vrydag van 08:00 tot 15:00. Die skenkingsregister word by die Helpende Hand-kantoor voltooi, waarna goedere by die skenkingstoor afgelaai word.

Laai die aansoekvorm af en faks dit na 012 664 1295.
Kontak die skenkingskantoor by 012 644 4426 of stuur ‘n epos aan skenkingskantoor@helpendehand.co.za
Kos: mieliemeel, koekmeel, rys, kitsgis, gedehidreerde groente, sojaprodukte, rooibostee, suiker, klein bottels olie, blikkies vis/boontjies/gemengde groente, konfyt/grondboontjiebotter, poeiermelk, sout.
Toiletware: seep, tandepasta, tandeborsels, waslappe, deodorant, sanitêre doekies, toiletpapier, sneesdoekies, formulemelk.
Skenkings in ander gebiede word direk na ʼn vrywilligergedrewe Solidariteit Helpende Hand-tak in die omgewing gekanaliseer.
Read in English