MALUTI 18 Julie 2012 Bladsy 6
SOWAT 20 kinders van Christenburg is onlangs op ‘n opvoedkundige uitstappie na Lionsrock gebring. Hier het hulle meer geleer oor Four Paws en Lionsrock en waarom hulle diere red. Die kinders het aan die gesprekke deelgeneem en is geleer dit is nie reg om leeus te troetel nie en dat alle diere die reg het om te lewe. Hulle is vertel van hoe wreed leeus behandel word as hulle deel van ‘n sirkus is. Die kinders het later die kans gehad om na die leeus te gaan kyk en was baie nuuskierig oor hoe leeus in die natuur oorleef.
Hulle het dit ook baie geniet om te sien hoe die leeus gevoer word, sê Fiona Miles, operasionele direkteur van Four Paws. Deur die loop van die dag het die kinders aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en speletjies gespeel. Anita Schoeman van Helpende Hand wat nou betrokke is by Christenburg sê die kinders was bly om uit te kom en dit was goed vir hulle om ‘n bietjie van omgewing te verander. “Hulle het my nogal gevra wanneer hulle weer kan gaan,” het sy gesê. Schoeman meen die opvoedkundige praatjies wat Four Paws gehou het, was ook vir die kinders leersaam. Die kinders het daarvan gehou om te hoor hier word vir leeus wat seerkry, gesorg en omgegee.
Kinders van Christenburg het op ‘n opvoedkundige uitstappie na Lionsrock meer oor leeus geleer.
