Solidariteit Helpende Hand Vroue Bloemfontein en Lindie Strydom, Projekorganiseerder van Helpende Hand het op 07 Augustus 2012, 100 volgepakte kosblikkies by dr Vissers preprimêre skool oorhandig as ʼn bederf dag, wat deel uitmaak van die nasionale Kosblikkieprojek waar 41 Kleuterskole landswyd deur Helpende Hand ondersteun word met ʼn Voedingsprojek asook opleiding saam met Hettie Brits se Immergroen ouerskap opleiding. Shoprite Checkers het hande gevat en op die bitter koue dag sop en brood aan die hele skool kom uitdeel.

Op die foto staan van links, Vanessa Marais, Streeksorganiseerder Helpende Hand, Lindie Strydom, Projekorganiseerder Helpende Hand, Tammy Morey, voorsitter van Helpende Hand Vroue in Bloemfontein.