MALUTI, ALBERTON REKORD
Solidariteit Helpende Hand het ‘n splinternuwe loopbaangids bekend gestel. Die gids is ‘n nuttige bron om kinders, ouers en onderwysers te help om ingeligte beroepskeuses te maak. Die gids word in temas verdeel wat inligting oor tieners se kommer oor die toekoms bevat.
Dit bied onder meer gespesialiseerde inligting oor die toekoms in Suid-Afrika; skaars vaardighede en entrepreneurskap; hoe om goeie vak- en beroepskeuses te maak; die verskil tussen grade, diplomas en sertifikate; geldelike raad vir tersiêre studie; roeping en die wêreld van werk en wat om daarvan te verwag. Kenners soos Flip Buys, Lindie Strydom, dr. Dirk Hermann, dr. Steve Booysen, dr. Wikus Buys en Hettie Brittz het artikels vir die gids geskryf. Dr. Theuns Eloff van die Noordwes-universiteit het ‘n artikel oor die lewenslange leerproses geskryf. Die nuwe gids bied ook hulp aan Jong werksoekers wat steeds onseker oor hul beroepskeuse is.
Die gids sal binnekort gratis aan hoërskole oor die land heen verskaf word. Individue kan dit teen R50 per eksemplaar bestel of teen R30 elk by Helpende Hand hoofkantoor kom koop.