Hoe doen ek aansoek vir staatstoelaes en wanneer kwalifiseer ek daarvoor?

Aansoekprosedures vir ‘n staatstoelaag:

Doen aansoek by die naaste SASSA* kantoor waar die persoon woon.
Indien die persoon te oud of siek is om na die kantoor te gaan kan ‘n familielid of vriend namens die persoon aansoek doen.
By die SASSA kantoor sal die aansoek in teenwoordigheid van ‘n SASSA amptenaar ingevul word.
Wanneer die aansoek voltooi is sal ‘n kwitansie aan die aansoeker gegee word.
Hierdie kwitansie moet veilig bewaar word, aangesien dit die enigste bewys is dat die persoon aansoek gedoen het.
Daar hoef geen gelde betaal te word nie.
Indien die aansoek afgekeur word, moet die SASSA kantoor skriftelike redes verstrek waarom die aansoek afgekeur is.
Enige persoon het ‘n reg om te vra dat SASSA die aansoek moet heroorweeg binne 90 dae na die terugvoer oor die eerste aansoek.
Indien die persoon steeds ongelukkig is met SASSA se terugvoer het jy die reg om te appelleer by die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling.
Kwalifiserende vereistes:

Ouderdomspensioen
Die aansoeker moet ‘n S.A. burger / permanente inwoner wees.
Die aansoeker moet in S.A. woon.
‘n Enkel man moet 60 jaar of ouer wees.
‘n Enkel vrou moet 60 jaar of ouer wees.
Die eggenoot / eggenote moet voldoen aan die middele toets (Sien Middele toets).
Die persoon mag nie versorg word in ‘n staatsinstelling nie.
Die persoon mag nie in ontvangs wees van ‘n ander staatstoelaag nie.
Die persoon moet ‘n ID ( identiteitsdokument ) voorsien met ‘n 13 syfer strepieskode.

Ongeskiktheidstoelaag
Die aansoeker moet ‘n S.A. burger wees / permanente inwoner wees.
Die aansoeker moet in S.A. woon.
Die persoon moet tussen 18 en 59 jaar oud wees.
Die aansoeker moet ‘n mediese verslag voorsien wat die gestremdheid bevestig.
Die mediese verslag mag nie ouer as 3 maande wees met die aansoek nie.
Die eggenoot / eggenote moet aan die middele toets voldoen (Sien Middele toets).
Mag nie versorg word in ‘n staatsinrigting of instelling nie.
Mag nie in ontvangs wees van ‘n ander staatstoelaag nie.

Oorlogsveterane
Die aansoeker moet ‘n S.A. burger / permanente inwoner wees.
Die persoon moet in S.A. woon.
Moet ouer as 60 jaar of gestremd wees.
Die persoon moes in die Tweede Wêreldoorlog of die Koreaanse oorlog geveg het.
Die eggenoot / eggenote van die aansoeker moet voldoen aan die middele toets (Sien Middele toets).
Die persoon mag nie versorg word in ‘n staatsinrigting nie.
Die persoon mag nie in ontvangs van ‘n ander staatstoelaag wees nie.

Pleegsorgtoelaag
Die aansoeker moet ‘n S.A. burger / permanente inwoner wees.
‘n Hofbevel moet die pleegsorgstatus van die kind aandui.
Die pleegouer moet ‘n S.A. burger, permanente inwoner of vlugteling wees.
Die kind moet woon by die pleegouer wat vir hom / haar sorg.
Die pleegouer se inkomste word nie in berekening gebring nie.

Versorgingstoelaag
Die aansoeker moet ‘n S.A. burger / permanente inwoner wees.
Die aansoeker en die kind moet in S.A. woonagtig wees.
Die kind moet onder die ouderdom van 18 jaar oud wees.
‘n Mediese verslag moet permanente, ernstige gestremdheid aandui.
Die aansoeker se eggenoot / eggenote moet aan die middele toets voldoen (uitgesluit vir pleegouers).
Die versorgingsafhanklike moet nie permanent in ‘n staatsinriging versorg word nie.

Kindertoelaag
Die primêre versorger moet ‘n S.A. burger / permanente inwoner wees.
Beide die aansoeker en kind moet in S.A. woon.
Die aansoeker moet die primêre versorger van die kind wees.
Die kind / kinders moet onder 15 jaar oud wees.
Die aansoeker en eggenoot / eggenote moet voldoen aan die middele toets.
Kan nie vir meer as 6 biologiese kinders aansoek doen nie.
Kind kan nie versorg word in ‘n staatsinrigting nie.

Hulptoelaag
Die aansoeker moet ‘n ouderdomspensioen ontvang.
Aansoeker moet ‘n ongeskiktheidstoelaag of ‘n oorlogsveteraan toelaag ontvang en voltydse versorging benodig deur ‘n ander persoon a.g.v. sy / haar fisiese of geestesgestremdheid.
Die gestremde mag nie versorg word in ‘n staatsinrigting wat ‘n subsidie ontvang nie.
Alle aansoekers vir staatstoelaes moet bewys lewer van hul identiteit d.m.v. ‘n ID – dokument of geboortesertifikaat in die geval van ‘n kind.

Bedrae van toelaes vanaf 1 April 2012

Ouderdomspensioen : R 1,200
Ouderdomspensioen ouer as 75 jr. R 1,220
Oudstryders R 1,220
Ongeskiktheidstoelaag R 1,200
Pleegsorg R 770
Versorgingstoelaag R 1,200
Kindertoelaag R 280
Kontakbesonderhede

SASSA Hoofkantoor, Pretoria 012 400 2000
Oos – Kaap, Oos-London 043 707 6300
Vrystaat 051 410 8304
Gauteng 011 241 8300
KWZ – Natal 033 846 3300
Limpopo 015 291 7400
Mpumalanga 013 754 9380
Noord – Wes 018 388 0060
Noord – Kaap 053 802 4900
Wes – Kaap 021 469 0200

*SASSA staan vir South Afican Social Security Agency. Die erkende Afrikaanse vertaling is die Suid- Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid. SASSA is ʼn nasionale agentskap van die S.A. Regering wat in April 2005 tot stand gekom het.

 

Dokumente:

PDF-Viewer-iconAsset and income threshold2013

PDF-Viewer-iconMarried Persons

PDF-Viewer-iconSingle Persons

PDF-Viewer-iconIn short – rebates on taxes in Tshwane Metro2011