BLOEMFONTEIN COURANT 29 Augustus 2012 Bladsy 3

Helpende Hand Bloemfontein tak het onlangs ‘n Manneontbyt aangebied en sowat 60 mans het dit bygewoon. Die motiveringspreker vir die oggend was Christo Spies. Fondse wat by die ontbyt ingesamel is, word gebruik om die Helpende Hand Bloem Beurs te versterk vir kandidate wat reeds begin aansoek doen het om verder te studeer.

 

 

 

 

Op die foto van links is gaste Dawid du Toit, Francois Daffue, Christo Spies (Spreker), Willie Vorster (Helpende Hand Bloemfontein-Tak), en Dawie Viljoen, ook ‘n gas.