Solidariteit Helpende Hand
11 Julie 2012

Solidariteit Helpende Hand belê R1,15 miljoen in gemeenskappe oor die volgende jaar

Solidariteit Helpende Hand sal oor die volgende jaar R1,15 miljoen terugploeg in die gemeenskap. Danksy die inwerkingstelling van ’n nuwe takbefondsingsplan sal elke Helpende Hand-tak R10 000 van die organisasie ontvang om in die gemeenskap aan te wend vir elke 15 nuwe ondersteuners wat by ’n tak aansluit.Die plan verseker dat ondersteuners se fondse ten volle in hulle eie gemeenskappe aangewend word. Helpende Hand se takke fokus op dienste wat gerig is op alle lede van die gemeenskap, van kleuters tot bejaardes, waardeur die beleid van opheffing-deur-opleiding bevorder word.
Helpende Hand se krag lê in die vrywilligers en ondersteuners wat die werk van die organisasie moontlik maak. Dié mense se bydraes van tyd, kennis en fondse maak dit vir Helpende Hand moontlik om die geveg teen armoede voort te sit.
“By Solidariteit Helpende Hand volg ons ʼn beleid van bemagtiging en opheffing deur middel van opleiding, want ons glo dat dit die beste manier is om armoede uit te roei,” sê dr Danie Brink, die uitvoerende hoof van Helpende Hand. “Ons omvattende dienswaardeketting behels ’n deurlopende begeleidingsproses wat geestelike, kulturele en maatskaplike armoede aanspreek en ’n kleuter, kind, student en jongmens uiteindelik help om voor te berei vir die wêreld van werk. Ons kan hierdie belangrike taak slegs met die hulp van ons vrywilligers verrig.”

Helpende Hand doen ’n beroep op die publiek om hierdie plan van hoop te ondersteun deur by sy takke betrokke te raak.

Om betrokke te raak by ’n tak in Gauteng-Suid, skakel Adele Kruger by 079 881 3338.
Om betrokke te raak by ’n tak in die Wes-Kaap, skakel Erika Botha-Rossouw by 072 195 6581.
Om betrokke te raak by ’n tak in KwaZulu-Natal, skakel Hennie Roux by 083 417 0593.
Om betrokke te raak by ’n tak in Mpumalanga, skakel Jan-Danie Malan by 082 965 7002.
Om betrokke te raak by ’n tak in die Suid-Kaap, skakel Mariaan Mans by 072 228 0177.
Om betrokke te raak by ’n tak in Gauteng-Noord, skakel Mariana Kriel by 084 952 5837.
Om betrokke te raak by ’n tak in Limpopo, skakel Marianthie van der Walt by 082 741 7858.
Om betrokke te raak by ’n tak in die Oos-Kaap, skakel Marlene Veldtman by 083 501 3166.
Om betrokke te raak by ’n tak in Noordwes en die Noord-Kaap, skakel SW Calitz by 082 256 8996.
Om betrokke te raak by ’n tak in die Vrystaat, skakel Vanessa Marais by 082 821 1529.

Mediaskakelbeampte:
Juanita du Preez
Solidariteit Helpende Hand
Tel: 012 644 4390
Sel: 074 500 3915
E-pos: juanita@helpendehand.co.za