Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand

8 Oktober 2012

Solidariteit Helpende Hand George-tak verwelkom Marita Verwey as nuwe takvoorsitter

Solidariteit Helpende Hand se George-tak het ʼn nuwe takvoorsitter in Marita Verwey.

Die tak hoop om in die toekoms die fokus op langtermynopheffingsprojekte te verskerp en slegs op ʼn verantwoordelike wyse te voorsien in die onmiddellike nood van die gemeenskap.

Helpende Hand volg ʼn beleid van bemagtiging en opheffing deur opleiding as die beste manier om armoede uit te roei. Die omvattende dienswaardeketting bied ʼn deurlopende begeleidingsproses wat geestelike, kulturele en maatskaplike armoede aanspreek en ʼn kleuter, kind, student en jongmens uiteindelik help om voor te berei vir die wêreld van werk.

Enigeen wat skenkings wil gee of op ʼn ander manier by die tak betrokke wil raak, kan direk met Marita Verwey skakel. Kontak haar by 082 900 3156.

Skenkings kan by Helpende Hand se George Skenkingskantoor by Nywerheidstraat, George Industria (by die Bikers Church) afgegee word.

Helpende Hand en Charl Steyn, die George-tak se voormalige voorsitter en kontrakteur by die George Skenkingskantoor, se paaie het ook onlangs geskei.

“Charl het ʼn wonderlike diens gelewer aan die gemeenskap van George,” sê Mariaan Mans, streeksorganiseerder van Helpende Hand in die Suid-Kaap. “Ons bedank hom vir die belangrike rol wat hy hier gespeel het.”

 

Mediaskakelbeampte:

Juanita du Preez

Solidariteit Helpende Hand

Tel: 012 644 4390

Sel: 074 500 3915

E-pos: juanita@helpendehand.co.za