Mediaverklaring
Solidariteit Helpende Hand
22 Mei 2012

Solidariteit Helpende Hand vra Suid-Afrika om deel te neem aan die 110 Doen Goed-projekte veldtog

Die Solidariteit Beweging is vanjaar 110 jaar oud en Helpende Hand vier die geleentheid op ʼn besonderse wyse.  Om die mylpaal te vier, nooi Helpende Hand elke burger in die land uit om in Junie deel te neem aan die 110 Doen Goed projekte-veldtog.

Deelnemers kan tussen 18 en 22 Junie enige weldaad aanpak in hulle gemeenskap. Die slagspreuk vir die veldtog is Doen Goed, Voel Goed, Wees Goed. Die idee is dat weldoeners besef hoe lekker dit is om ʼn goeie daad te verrig en dit dan meer gereeld aanpak. Sodoende kom hulle in die ritme van gee. Deelnemers kan as individue of spanne deelneem en kan ook meer as een projek aanpak.

Deelnemers kan die registrasievorm op Helpende Hand se webwerf (www.helpendehand.co.za) kry en dit aan diens@helpendehand.co.za terugstuur vir koördinering.  Op die webwerf is ook ʼn projektelys om voornemende deelnemers se idees te prikkel.

Deelnemers word dan ook aangemoedig om foto’s en video’s van die verrigtinge aan Helpende Hand te stuur. Daag jou vriende uit om ook deel te neem en maak ʼn verskil.

Mediaskakelbeampte:
Juanita du Preez
Solidariteit Helpende Hand
Tel: 012 644 4390
Sel: 074 500 3915
E-pos: juanita@helpendehand.co.za