PHALABORWA HERALD 27 Julie 2012 Bladsy 4

Die liefdadigheidsorganisasie Solidariteit Helpende Hand se krag lĂȘ in die 115 takke wat landswyd bestaan, waarvan een in Phalaborwa is. Die tak bestaan uit ses lede en nog so twintig vrywilligers wat ook gereeld betrokke is. Solidariteit Helpende Hand werk saam met die Round Table wat hulle ongelooflik baie ondersteun en dan is daar die Lions en Huis Maroela wat ook met hulle hande vat.

HuIle werk ook saam met die plaaslike myne en kerke as hulle gekontak word vir hulp en dan natuurlik die skole. Nicolise Schambriel is die voorsitter van die Phalaborwa tak. Die werk van ‘ n takvoorsitter is om ondersteuners en vrywilligers bymekaar te trek om met projekte volhoubaar by te dra om die gemeenskap op te hef deur opleiding. ‘n Tak is net so dinamies en suksesvol soos die voorsitter wat die tak lei. Nicolise is nou al drie jaar by die tak en is ook die afgelope drie jaar die voorsitter. Sy is die sekretaresse van Solidariteit op Foskor. Nicolise se dankie aan die mense wat die organisasie ondersteun.

Nicolise kan geskakel word by 072 400 8176.