14 August 2012 BOKSBURG ADVERTISER

Helpende Hand se Boksburg tak het besluit om komberse en truie aan die DA se rampbestuur te skenk. Die rampbestuur is verantwoordelik om gou op te tree in die geval waar ‘n huis dalk afgebrand het en die familie sonder enige kos, klere, komberse of slaapplek sit.

Helpende Hand is ‘n nie-winsgewende organisasie wat fokus op opheffing deur middel van opleiding, ondersteuning, ontwikkeling, omgee, medewerking, empatie en om diensbaar te wees. Helpende Hand werk vanuit ‘n Christelike waardestelsel en stel gemeenskappe in staat om kort- en langtermyn oplossings vir die nood in hulle eie omgewing te vind

Takke is afhanklik van skenkings in die vorm van voedsel, klere, meubels, boeke, speelgoed en onbederfbare produkte, om hul in staat te stel om ‘n helpende hand na behoeftige gemeenskappe uit te reik. Die begunstigdes is ouetehuise, kleuterskole, informele nedersettings, skole en ander hulpbehoewendes.

Skakel Alida Reed op 082 228 3552 om betrokke te raak by Helpende Hand.