0861 25 24 23 diens@helpendehand.co.za

Ouers ontvang opleiding in kindergedrag

REKORD (West) 24 Augustus 2012 Bladsy 4

Goeie gedrag en dissipline speel ‘n belangrike rol in die opvoeding van ‘n kind. Dus het Solidariteit Helpende Hand en Immergroen onlangs saamgestaan om opvoedkundige werkwinkels aan ouers te verskaf wat hulle ‘n helpende hand in die gedrag van hul kinders sal kan gee.

Die opvoedkundige werkwinkels sluit aan by Helpende Hand se Kosblikkie-projek wat vir die afgelope paar jaar honderde kinders gehelp voed het. Talle ouers, pleegouers asook onderwysers het verlede Vrydag by die NEA Foundation in Danville bymekaargekom om deel te neem aan die program. Die program beoog om ouers en onderwysers te help om die nodige gesag op ‘n gesonde wyse toe te pas sodat kinders dissipline kan leer aanvaar.

Sowat 2 000 ouers, versorgers en hoofsaaklik kleuterskoolassistente het met die fasiliteerders van die lmmergroen Ouerskap-program saamgewerk. Helpende Hand en Immergroen is ook in samewerking om soveel moontlik kleuters betrokke by hulle voedingskemas te kry wat by verskeie kleuterskole geïmplementeer word. Lindie Strydom, projek organiseerder, het gesê sowat R400 000 is tussen 41 skole verdeel in die hoop om verligting onder die leerlinge te kan bring.

Die doel van die program is om ‘n veilige plek vir kinders te skep en hulle voor te berei om die skoollewe beter te kan hanteer. Kratte vol opvoedkundige speelgoed is aan die kleuterskole gegee. Die projek het die afgelope drie jaar gegroei tot ‘n omvattende program vir die holistiese ontwikkeling van behoeftige kleuters in Suid-Afrika. Tydens die opleiding het die fasiliteerders van Immergroen gesê kinders het baie liefde nodig en ouers en versorgers moet leer hoe om gesag toe te pas.

Ouers, versorgers en fasiliteerders van Immergroen by die NEA Foundation opleiding in Danville verlede Vrydag.

Deel met vriende










Submit
Deel met vriende










Submit
Deel met vriende










Submit