KEMPTON EXPRESS 2 Oktober 2012

Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark gaan vanjaar weer skoendose vol geskenke aan minderbevoorregtes uitdeel. Hulle versoek almal wat voorheen aan hierdie projek deelgeneem het en ook nuwe deelnemers om die skoendose te begin oortrek en goed te versamel om daarin te sit.

Daar is nog tyd tot 7 Desember om hierdie geskenke te maak. Die geskenke in die boks hang af van die ouderdom van die ontvanger, maar daar moet ten minste tandepasta en tandeborsel, waslap en/of sponsie, seep, opvoedkundige speelding as dit vir ‘n kind is, skryfbehoeftes, kledingstuk en ‘n Bybel of geestelike boekie in die dose wees. Die voorsitter van die tak, mev Ella Pieterse, sĂȘ verlede jaar het hulle 480 skoendose uitgedeel. Sy versoek mense om die skoendoos net met mooi papier oor te trek en nie versiersels op die deksels te sit nie, aangesien dit moeilik pak en vervoer.

Skakel Pieterse by 082-406-3655 of Marietjie Snyman by 082-879-7645 as jy hieraan wil deelneem.