Helpende Hand se Skooltassieprojek sit ’n tassie propvol al die nodige skryfbehoeftes in ’n graadeentjie se hand en gee hom daarmee hoop en moontlikhede! Ons mik daarna om in Januarie 2013, 5 000 graadeens met ’n groot glimlag skool toe te stuur en ’n spesiale verrassing van ons Bybelgenootskap-vriende by die skooltassies te voeg. Om hierdie reusagtige R1 miljoen-doelwit te behaal, ruk ons behoorlik hase (tot olifante) uit hoede en klim pens en pootjies op die sosiale media-trein. Sluit aan by Helpende Hand se Facebook-blad en bly op hoogte van al die opwindende tassie-aksie!
’n Skooltassie kos R200. Om by te dra, SMS “tassie” na 34388 (’n SMS kos R2) en ons sal jou skakel om te hoor hoeveel jy wil skenk.
“Pak ’n tas vir die hele klas!”
Hierdie November gaan Facebook en Twitter behoorlik gons oor Helpende Hand se Tassieprojek!
Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jay, Lianie May, Kurt Darren, Riana Nel, Joe Niemand, Arno Jordaan, Liza Bronner, Cheree, Ghapi, Jak de Priester, Andries Hendrik Potgieter, Louis Loock, Anton Botha, Pieter Koen, Marietta Kruger, Lindie Stander, Angelique Gerber, Jan Harm Schutte (Ontbytsake), Hettie Britz, Freda Francis en nog vele meer is reeds betrek en nooi hulle Facebook-vriende en Twitter-volgelinge uit om tassies vir 30 maatjies in hulle klas in te samel!
“Die Kersgeskenk wat heeljaar hou… en dalk selfs langer”
Maak namens iemand ’n ewigheidsbelegging hierdie Kersfees en skenk ’n skooltassie om ’n behoeftige graadeen ’n stewige ‘hoop-stoot’ en ’n gelyke wegspringkans op haar eerste skooldag te gee!
Laai ’n spesiale Kerskaartjie af op Helpende Hand se Facebook-blad en dra dit op aan die persoon namens wie jy die tassie geskenk het.
’n Skooltassie kos R200, maar enige bedrag is welkom. Om by te dra, SMS die woord “tassie” na 34388 (’n SMS kos R2) en ons sal jou skakel om te hoor hoeveel jy wil skenk.