Aangesien Oktober Onderwysmaand is en die 5de Oktober Onderwysdag was het die Solidariteit Helpende Hand Plettenbergbaai-tak besluit om hulle onderwysprojek op die 8ste Oktober 2012 aan te pak.  Hulle het boksies “smarties” aan die onderwysers van die Wittedrift Laer en Hoërskool op Plettenbergbaai oorhandig.  Die boksie “smarties” was pragtig verpak in ‘n gelamineerde boksie met die woorde: “Omdat jy “smart” is!!!!” op die voorkant gedruk en die Voorsitter, Salome Janse van Vuuren, se besonderhede op die kant van die boksie gedruk.  Hierdie gebaar was om dankie te sê vir al die onderwysers vir wat hulle vir die leerders doen.