Die Bloemfontein streek ontvang elke week so +/ 60 dosyn eiers van Pro Lay eiers wat effens gekraak is, wat die streekkantoor dan uitdeel aan instansies, individue en ook takke in die Vrystaat. Die streekkantoor het die eienaar van Pro Lay Eiers buite Bloemfontein gaan besoek en aan haar ʼn koopbewys en persoonlike bedankingsbrief oorhandig as blyk van dank vir hul vertroue in Helpende Hand om soveel eiers toe te vertrou.

Hulle het 8000 produksie hoenders en sy het verduidelik hoe hulle sisteem werk. Niks gaan verlore nie. Die dooie hoenders word aan ʼn wildsplaas geskenk as kos vir die wild, gebreekte eiers word oopgebreek en aan ʼn Vigs huis in emmers geskenk en die hoendermis word aan boere vir hul lande verkoop.