BURGER (Oos Kaap), PORT ELIZABETH EXPRESS (Metro), PE EXPRESS

PORT ELIZABETH- Klein voetjies wat Skop-skop op splinternuwe swart motorfietsies, groot glimlagte en ‘n klomp kieste volgeprop met toebroodjies. Dit was die dankie waarmee die weldoeners van Solidariteit Helpende Hand se plaaslike tak Dinsdag by die Little Sunshine Day & Educare Centre in Sidwell begroet is.

Helpende Hand bereik vanjaar ongeveer 3 200 behoeftige kleuters met die Kosblikkieprojek, volgens die projekorganiseerder, Lindie Strydom, bekend vir haar rol in die vergange sepie Egoli. Benewens Little Sunshine is kosblikkies aan die gr. R-klas van die Laerskool Dr. Viljoen in Sydenham uitgedeel. Ander skole in die Baai wat baat vind, is die Laerskool Piet Retief, die Laerskool Tjaart van der Walt en die Laerskool Excelsior.

Strydom het verduidelik die kosblikkies is simbolies van voeding vir die kinders en voortgesette rugsteun aan die ouers en onderwysers ter wille van ‘n konstante, goeie leeromgewing vir die kind. “Dit sluit die opleiding van nagenoeg 2 000 ouers en kleuterskoolassistente oor die land in. Ons verskaf daarby kratte gevul met opvoedkundige speelgoed aan kleuterskole en gr. R-klasse. “Om dit te bereik, moet die gemeenskap met passie aan die projek deelneem,” het Strydom gesĂȘ.

 

 

 

 

 

Lindie Strydom, organiseerder van die kosblikkieprojek van Solidariteit Helpende Hand, by Sibabalwe Adonis, Chumani Whittaker, Ethan Labuschagne en Cameron Coetzer, almal 3 jaar oud. By hulle is Rudi van Schalkwyk, hoof van die Laerskool Lorraine, wat ook kosblikke geskenk het.