PHALABORWA HERALD 22 Jun 2012 Bladsy 6
Die eienaar van Speedy en Supa Kwik in Phalaborwa, David Raath, gaan die bejaardes by Bougainvilla Frailcare Centre lekker warm hou hierdie winter. Raath het nuwe insulasie geborg vir die verswaktesorg sentrum wat 17 bejaardes huisves. Die sentrum gaan nou baie aangenaam wees met die nuwe insulasie wat hulle lekker snoesig gaan hou in die koue. Nicolise Schambriel en Coen van den Berg van Solidariteit Helpende Hand het ‘n rukkie terug gevra dat komberse geskenk kan word aan die organisasie.
David Raath het besluit hy gaan verder gaan en die hele gebou insuleer met Eco-Insulation. Volgens Raath het die 350 m² huis wat omskep is in die verswaktesorg sentrum, amper geen insulasie gehad nie. Die insulasie materiaal bestaan 100% uit herwinde materiaal en dit bestaan meesal uit ou koerante en fyn gemaalde sellulose. Dit word in die dak in geblaas en sodoende dek dit die hele oppervlak met 100mm van die materiaal. Die materiaal behoort die gebou binne nou konstant teen 21ºC te hou. Dit gaan help met verhitting in die winter en verkoeling in die somer maande, maar ook met elektrisiteits kostes. Dit is ook brandvertragend. Die pasiënte by Bougainvilla Frailcare Centre is baie dankbaar vir die borg van die insulasie en aan Solidariteit Helpende Hand vir hulle aanhoudende liefdadigheid.
Die span wat gesorg het dat Bougainvilla nou snoesig sal wees in die winter.
Van links: Coen van den Berg, David Raath, Samuel Mkuna, Daniel de Wit, Hennie Coetse, Johan Dannhauser, en Nicolise Schambriel.
