DALLER, DIE 07 September 2012 Bladsy 4
Die inwoners van die Loskop Vallei Rusoord voel baie spesiaal nadat hulle die afgelope week koekies ontvang het. Die Willie Haman VLU-tak van Groblersdal, Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met Laduma Biscuits, het elk bydraes gemaak wat dit moontlik gemaak het om die koekies aan die rusoord te skenk. Solidariteit Helpende Hand het die oorhandiging aan die rusoord gemaak.
Me. Ladeen Jansen ontvang die koekies namens die rusoord vanaf me. Cecilia Schmidt van Solidariteit Helpende Hand.