DALLER, DIE 10 Augustus 2012 Bladsy 4

Forever Resorts het ‘n gedeelte van die winste wat gemaak is tydens die Steve Hofmeyr funksie aan die Vallei Beursfonds geskenk. Die funksie was in Februarie vanjaar. Forever Resorts, in besonder mnr. Brand Pretorius en sy personeel, word bedank vir die skenking aan Solidariteit Helpende Hand, Groblersdaltak (vir Vallei Beursfonds). Persone wat skenkings wil maak aan die Vallei Beursfonds kan dit in die volgende rekening inbetaal: (Belastingsertifikate kan op aanvraag uitgereik word)

Solidariteit Helpende Hand Beurse
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62331447541
Takkode: 250655
Verwysing: Vallei Beurs GRO02
Solidariteit Helpende Hand 071 402 8610

Solidariteit Helpende Hand Groblersdal wil van die geleentheid gebruik maak om aan elke persoon en besigheid in die Vallei wat al bydraes gemaak het ten opsigte van die Tak self, en ook die Vallei Beursfonds, ‘n baie groot en opregte dankie te sĂȘ. Sonder julle hulp is dit nie vir ons moontlik om te kan doen wat ons doen in die gemeenskap nie. Dit word opreg waardeer deur elke kinderhart wat ons raak op welke manier ookal.