REKORD (Moot) 22 Mar 2013 Page 5
Skenkingskantoor open in die Moot
Natalie Grobler
Vir die gemeenskap, van die gemeenskap. Dit is die doel van die nuwe skenkingskantoor wat onlangs by die Waverleysentrum deur Solidariteit Helpende Hand geopen is. Die bekende oudhekkiesatleet, Myrtle Bothma (Grobler), wat vir ‘n geruime tyd al by Solidariteit asook Hoerskool Oos-Moot betrokke is, het die opening van die kantoor waargeneem. Volgens Mariana Kriel, woordvoerder van Solidariteit Helpende Hand, is die doel van die skenkingskantoor om die gemeenskap to bedien deur ‘n plek to skep waar weldoeners ‘n bydrae kan lewer om in die kort- en langtermynbehoeftes van die omgewing to voorsien.
Sy het gese alhoewel Helpende Hand hoofsaaklik op opheffing deur opleiding konsentreer, voorsien die organisasie ook in die onmiddellike nood van die gemeenskap. “Kos en klere is altyd ‘n behoefte en daarom bestaan daar reeds 14 skenkingskantore oor die hele land. Deur die verkoop van tweedehandse klere en ander ware is daar verlede jaar sowat R2 miljoen ingesamel wat tot langtermynoplossings bydra,” het sy gese. Volgens Kriel skep die verskeie skenkingskantore ook werk aan ongeveer 25 mense. Sy het gese die.
Moot-skenkingskantoor is die enigste van sy soort in Pretoria. Susan Martins, voorsitter van Moot Helpende Hand, Zelna van Tonder en Lidia Toua is die span wat gaan sorg dat die Moot-skenkingskantoor sukses bereik deur hul liefde en passie. Die Moot Helpende Hand is ‘n nuwe tak wat in November in die Moot-omgewing geopen het. Hulle beoog om verskeie projekte in die omgewing van stapel to stuur sodat hulle ‘n verskil in inwoners se lewens kan mask. “Ons hoop om deur die geld wat ingesamel word, by to dra tot ‘n gemeenskapsbeurs vir studente uit die omgewing,” het Martins gese.
Martins moedig alle inwoners aan om enige ou en ongebruikte items aan die skenkingskantoor to skenk sodat hulle dit kan gebruik om ‘n verskil in bejaardes en in die jeug se lewens to maak. Lidia Toua, Susan Martins, Myrtle Bothma (Grobler) en Zelna van Tonder het verlede week die opening van die Solidariteit Helpende Hand se Moot-skenkingskantoor bygewoon.