Solidariteit Helpende Hand Oudtshoorn het besluit om hierdie jaar ‘n trofee uit te gee by Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn vir die leerders wat die meeste betrokke was by hulle gemeenskap in 2012. Hierdie trofee is tydens die skool se prysuitdeling uitgegee aan twee GR12 leerders van Langenhoven Gimnasium. Shanel Wright en Arno Kotze het hierdie trofee ontvang vir hulle betrokkenheid by Solidariteit Helpende Hand.
Hierdie twee leerders het in 2010 betrokke geraak by Solidariteit Helpende Hand nadat hulle ‘n skooltaak moes doen waarin hulle betrokke moes raak in hulle gemeenskap. Shanel is die “gesiggie” van die “Donate-a-can” wat die Oudtshoorntak elke twee tot drie maande aanpak vir insamelings en ook bewusmaking. Arno is die staatmaker wat haar in alles bystaan en al die harde optel en ronddra werk verrig. Die Solidariteit Helpende Hand Oudtshoorn-tak bedank hierdie twee leerders vir hulle toegewydheid en harde werk en ons hoop dat waar hulle hulle ook al in 2013 bevind dat hulle sal voortgaan met hierdie wonderlike werk en sal aansluit by die tak naaste aan hulle.
