BOUQUET 01 Augustus 2012 Bladsy 5
VLU-lede van die Malieveldstreek het tydens hul “Skoendoos”-projek 53 kinders se harte verbly. Solidariteit Helpende Hand en die Querida-tak, een van 12 takke in die Malieveldstreek, het hierdie projek geloods en met die “Kidz2Kids’s Santa Shoebox Project” wou hulle graag in die lewe van minderbevoorregte kinders in hulle omgewing ‘n verskil maak.
Dit was ‘n reusesukses. Al 12 takke was met oorgawe betrokke en daar word beoog om hierdie projek jaarliks te herhaal. Van die skoendose het appelkaste geword en die vroue het met ruim harte en oop hande hiertoe bygedra. Die VLU het die ouderdomme en geslag van die kinders in ag geneem en die lede kon na hartelus die skoendose vul met items wat op die behoeftelysie aangedui is. Die kinders kan die skoendose daarna gebruik as houers vir hulle spesiale “bewaarskatte”. “Daar is soveel wat jy terugkry wanneer jy vir iemand anders iets doen, meer nog as die ontvanger dit opreg waardeer,” sĂȘ Nanette Cox van die Querida-tak.
Nanette Cox van die Querida-tak oorhandig sommige van die talle geskenkskoendose aan Judy van Dijk, vise-hoof van Laerskool Laeveld