SOLIDARITEIT 01 Feb 2012 Bladsy 54
Deur Juanita du Plessis
Solidariteit Helpende Hand se omvattende Beroepsleidingsdiens lei jongmense om die regte vakkeuses te maak. Die Afrikaanse alles-in-een-loopbaanblad, www.loopbaan.co.za, bied inligting oor beroepe en skaars en kritieke vaardighede.
Helpende Hand verskaf professionele psigometriese beroepsvoorligting deur ‘n psigometris aan individue en groepe regoor Suid-Afrika.
Die doel is om aan Afrikaanse jongmense landwyd ‘n bekostigbare beroepsleidingsdiens ten opsigte van vak- en beroepskeuses te verskaf.
Verskeie pakkette word aangebied en individuele en groeptoetse is beskikbaar Vir meer inligting, bel Annette Taljaard of Karin Venter by 012 644 4390 of stuur epos aan annette@helpendehand.co.za of karin@helpendehand.co.za.