Solidariteit se Boksburg dienskantoor het drie projekte aangepak as hul 110 Doen Goed-projekte. Al drie projekte was aangepak deur die Boksburg dienskantoor en die Boksburg Helpende Hand tak voorstter, Alida Reed.

Die eerste projek was die Elandsvallei, Primrose Ouetehuis:

Alida het ‘n oproep ontvang van die ouetehuis waar hulle gevra het vir bad goedjies, want van die ou mense was met afval lappies en hulle het nie regtig seep waarmee hulle bad nie.

Hulle het pakkies opgemaak wat bestaan het uit die volgende:  bad seep, lekker ruik deodorant, was lappie, tandeborsel, tandepasta en lyfroom. Die ouetehuis het so ± 60 oumense.  Hulle het vir die oumense eetgoedjies gevat, van die ou mense het na die eetsaal gegaan, waar daar vir hulle elkeen ’n lekker eetdingetjie gegee was.  “Hulle was baie dankbaar en hulle gesigte het omtrent gestraal van blydskap.”

Die tweede projek was Kosmos, Van Dyk Park Ouetehuis:

Hulle het pakkies opgemaak wat bestaan het uit die volgende:  bad seep, lekker ruik deodorant, was lappie, tandeborsel, tandepasta en lyfroom. Die ouetehuis bestaan uit 225 oumense, waarvan ons slegs vir die mense kon gee wat nie bed lêend is nie, ons het so ± 80 pakkies uitgedeel.  Hulle het by ’n paar oumense omgegaan en dit persoonlik oorhandig in hulle kamers.

 

Die derde projek was die Talita kinderhuis in Brakpan

Iemand het meer as 100 komberse, mussies, serpe en truie vir kinders gebrei en vir  Solidariteit geskenk.  Hulle het daarvan vir die kinders gevat. Die kinderhuis is op AGS Brakpan-Wes se perseel en tannie Violet en haar man kyk na die kinders daar.  Die kinders se ouderdomme strek van 4 jaar tot 18 jaar. Die kinders is almal so vriendelik en behoorlik soos ‘n regte familie.