Solidariteit Helpende Hand en die tydskrif LIG bied op 27 Oktober ’n heerlike oggend saam met Chris Chameleon en Lize Beekman ten bate van die Rapport Onderwysfonds (ROF) aan.
Die ROF word deur Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut bestuur.
Suid-Afrika het ’n enorme tekort aan onderwysers. Minstens 11 400 van die 380 000 onderwysers in die land moet jaarliks nuut aangestel word om te voorsien in die behoefte wat deur die aftrede van onderwysers geskep word. Op die oomblik is daar in die hele land nie eens 2 000 vierdejaar-onderwysstudente op universiteit nie.
Die ROF verleen finansiële hulp aan jong onderwysstudente wat ná skool verder wil studeer, maar nie die nodige fondse het nie. Vanjaar is reeds 497 aansoeke ontvang vir 2013.
Die ROF is totaal afhanklik van skenkings en aangesien die behoefte elke jaar baie groter is wat die ROF aan kan voldoen, word ’n spesiale fondsinsamelingsprojek gehou.
Solidariteit Helpende Hand LIG hou op 27 Oktober ’n kuier-oggend saam met Chris Chameleon en Liza Beekman by die Barnyard Willowbridge om fondse in te samel vir volgende jaar se studielenings. Deur ’n kaartjie te koop, ondersteun u die ROF om hierdie noodsaaklike projek voort te sit.
Die publiek word genooi om die geleentheid by te woon:
Datum: Saterdag 27 Oktober
Tyd: 10:00
Plek: Barnyard Teater, Willowbridge, Belville
Koste: R300 vir twee persone, ontbyt-piekniekmandjie ingesluit