Mediaverklaring
Solidariteit Helpende Hand Fonds
25 Maart 2008
Solidariteit Helpende Hand Fonds staan op teen kindermoorde
Meer as 120 kinders sal na verwagting in 2008 in Pretoria vermoor word. Kruise van die geskatte aantal kindermoorde het vanoggend ? hulpkreet aan rolspelers gerig om dié skokkende werklikheid raak te sien en hulle tot optrede te roep.
Solidariteit se Helpende Hand Fonds het dié stille protes voor die Pretoriase Hooggereghof gevoer terwyl die hofverhoor van die vermoorde Sheldean Human (7) se vermeende moordenaar vandag voortgesit is. Dit is reeds meer as ? jaar sedert Human ontvoer en ? paar dae later dood opgespoor is.
Die Fonds het vandag in ? verslag bekendgemaak dat moorde onder kinders in Suid-Afrika toeneem. “In 2007 het die Fonds bekendgemaak dat 1 128 kinders in 2005 in Suid-Afrika vermoor is. ? Studie deur die Centre for Justice and Crime Prevention toon dat 1 152 kinders in 2006/2007 vermoor is. Dit is duidelik dat moord op kinders toeneem,” sê die Fonds se projekbestuurder, Mariana Kriel.
Navorsing deur die Fonds toon dat meer as 2 000 moorde jaarliks in Pretoria gepleeg word. “Na raming is sowat 6% hiervan moord op kinders, wat beteken dat meer as 120 kinders vanjaar net in dié stad vermoor sal word. Kundiges meen selfs dat dié skokkende syfer ? baie konserwatiewe raming is,” sê sy.
Helpende Hand het ook vandag sy voorstelle vir die publisering van misdaadstatistiek bekendgemaak. “Die bekendmaking van misdaadstatistiek is nodig om uiteindelik ? beter strategie vir die voorkoming van misdaad teen kinders saam te stel. Helpende Hand se 7-punt plan vra dat sewe afsonderlike afdelings in misdaadstatistiek vervat moet word, ten einde ? beter voorkomingstrategie te kan formuleer,” verduidelik Kriel.
Die Helpende Hand se 7 kenmerke van doeltreffende misdaadstatistiek
-
Misdaad teen persone jonger as 18 jaar moet spesifiek aangedui word en volgens ouderomsgroepe ingedeel word
-
Die geslag van die slagoffer
-
Die omgewing waar die misdaad plaasgevind het, bv. skool, sorgsentrum, park, slagoffer se huis, vriende se huis
-
Of die misdadiger aan die kind bekend was
-
Rede vir die misdaad, bv. gesinsuitwissing, seksuele misdrywe, rooftog
-
Tyd waarop misdaad gepleeg is
-
Inkomstegroep van gesin (lae, middel of hoë inkomstegroep)
Mariana KrielSolidariteit Helpende Hand Fonds
082-384-0226