Die Solidariteit dienskantoor in die Noord Kaap het die Jannie Roux Kinderhuis in Barkley-Wes hul 110 Doen Goed-projek gemaak. Hulle het op Vrydag 22 Junie die kinders se kamers gaan uitverf en mooigemaak. Medi Kliniek Kathu het uitgehelp deur linne aan die kinderhuis te skenk. Só is hoe die dienskantoor die kinderhuis opgeknap het:

Elke kind kry:
Twee nuwe komberse, ʼn geskenk pakkie met die volgende in: Waslappie met sy/haar naam op, tandeborsel, tande pasta, sepie, sponsie, lekkertjie, koeldrank
Elke seuntjie kry;
Nuwe matras, winter pajamas
Seuns kamers (8):

Elke seuns kammer kry ʼn “make over”: Elke kamer kry sy eie tema, mure word geverf, nuwe gordyne, nuwe beddegoed, gordyn rëelings, plastiek tafeltjie met 4 stoeltjies (Junior seuns), Speelgoed, balle
Junior seuns badkamer:

Verf, twee nuwe deure, wasgoed mandjies, stort gordyn, toilette stelletjies, badmatjies, seep bakkies, twee toilette word herstel, handboek rëelings, tandeborsel houers, waslap rëelings, base ligte
Junior seuns TV Kamer:

Nuwe TV, Home theatre system, verf, kussings om op te sit
Junior seuns gang:

4 nuwe base ligte
Junior seuns versorger kamer:

Verf kamer, verf badkamer
Seniors seuns Badkamer:

Verf, vyf nuwe deure, wasgoed mandjies, stort gordyn, herstel van stort vloer, toilette stelletjies, badmatjies, seep bakkies, twee toilette word herstel, handboek rëelings, tandeborsel houers, waslap rëelings, base ligte
Senior seuns TV Kamer:

Nuwe TV, Home theatre system, verf, kussings om op te sit
Senior seuns gang:

4 nuwe deure, 8 gang gordyne
Kombuis:

2 boks vrieskaste, potte, herstel van stoof plate, waaier
Buite:

Herstel van stoele, kaskar, verf van watervalletjie, verf van pophuis, swingball

“Weereens baie dankie aan almal vir julle wonderlike ondersteuning! Woorde kan nie my dankbaarheid beskryf nie!” het Adéle Liebenberg gesê. Die dienskantoor beoog ook om in September die meisies se kamers aan te pak en mooi te maak.