Solidariteit se Rustenburg Kantoor het ‘n behoeftige skool, Laerskool David Brink, geïdentifiseer en R2500 se kos aan hul oorhandig.
Die inhoud van ons kospakkies was onder andere smeergoed soos konfyt, grondboontjiebotter en stroop. Botter, rys, suiker, warm sjokolade, pakkie sop, lensies, droë bone ens. Alles op grootmaat.
“Ons vertrou dat hierdie hupstoot die sop kombuis baie gaan help.” Die personeel van Laerskool Dawid Brink bedank die hele Solidariteit Beweging veral Helpende Hand vir die Donasie en sê dit is beslis tyd dat ons vir ons eie mense begin omgee.