Omdat Oktober Onderwysmaand is, het die Solidariteit Helpende Hand Oudtshoorn-tak en die Klein Karoo Jeugtak besluit om die onderwysers te bederf met ‘n pakkie “smarties” en ook ‘n oorlewingspakkie wat baie oulik was.  Twee Gr12 leerders van Langenhoven Gimnasium wat aktief betrokke was, het die pakkies uitgedeel namens die Solidariteit Helpende Hand Oudtshoorn-tak – Shanel Wright en Arno Kotze.

Die Klein Karoo Jeugtak het Laerskool Wesbank se onderwysers bederf.

Hierdie projek is aangepak om dankie te sê aan die onderwysers vir hulle harde werk en geduld met die leerders. Die “smarties” was mooi verpak in ‘n boksie met die woorde: “Omdat jy “smart” is!” en die oorlewingspakkie het bestaan uit:‘n Break- sjokolade – Want almal het een of ander tyd ‘n breek nodig!

  1. ‘n Pleister – Vir die dae wat dit rof gaan!
  2. ‘n Potlood – Om jou foute te herskryf!
  3. ‘n Rekkie – Om jou geduld te rek!
  4. Twee ogies – Vir die dae wat jy oë agter jou kop nodig het!
  5. ‘n Skuifspeld – Vir die dae wanneer dinge uitmekaar wil val!
  6. Twee albasters – Om te vervang wat jy deur die jaar verloor het!
  7. ‘n Legkaartstuk – Want jy is deel van ‘n kind se lewenslegkaart!
  8. ‘n Uitveer – Almal maak soms foute!

Die Mosselbaai-tak en die George tak het ook aan hierdie inisiatief deelgeneem en aan onderwysers by plaaslike skole smarties uitgedeel. Die Mosselbaai-tak het Laerskool Park bederf.

Om al die foto’s te sien, besoek gerus ons Facebook bladsy.