Hoekom is jy nodig?

Solidariteit Helpende Hand bestaan uit ʼn span omgeemense wat deur praktiese en volhoubare projekte opheffing deur opleiding verseker. Helpende Hand skep hoop deur doenprojekte wat fokus op hulpverlening aan kleuters, jongmense, werkloses en bejaardes. Gewone mense soos ek en jy is die hartklop van die organisasie en sit hoop in aksie om.  Daarom is jou hulp en betrokkenheid baie nodig.

Hoe raak ek betrokke?

Indien jy of ’n groep (vriende, familie, kollegas, kerk- of selgroep) betrokke wil raak by die doen-projekte van Helpende Hand en wil deel wees van ’n storie van hoop in jou gemeenskap, sluit aan by of stig ’n HH-tak.  Ons sien uit om met jou hande te vat.

Kontakbesonderhede van takke:

PDF-Viewer-iconTakkontakbesonderhede Mei 2013

Raak Betrokke

Read in English