Helpende Hand se krag lê in die vrywilligers van ons meer as 120 takke landswyd. Hierdie mense se hande voer die organisasie se werk uit daar waar dit die nodigste is. Hier is een van die spogprojekte in die land.

Die Alberton Helpende Hand -tak is onlangs gestig en groei stelselmatig met nuwe lede. Die tak is reeds besig met die reëlings vir ʼn groot gholfdag op 13 November en ʼn “high tea” op 17 November.